Charles Babbage

Charles Babbage
Charles Babbage in 1860

Gebore 26 Desember 1791
Londen, Engeland
Oorlede 18 Oktober 1871 (op 79)
Marylebone, Londen, Engeland
Plek van graf Kensal Green-begraafplaas
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vakgebied Wiskunde, ingenieurswese, politieke ekonomie, rekenaarwetenskap
Instelling(s) Trinity-kollege, Cambridge
Alma mater Peterhouse, Cambridge
Bekend vir Wiskunde, Rekenaarkunde
Beïnvloed deur Robert Woodhouse, Gaspard Monge, John Herschel
Invloed op Karl Marx, John Stuart Mill
Handtekening

Charles Babbage, FRS (* 26 Desember 1791, Londen18 Oktober 1871, Londen)[1] was ’n Engelse wiskundige, filosoof, uitvinder en meganiese ingenieur wat die konsep van ’n programmeerbare rekenaar uitgedink het.[2][3] Hy word beskou as die “vader van die rekenaar”[4] en die uitvinding van die eerste meganiese rekenaar wat uiteindelik gelei het tot meer ingewikkelde ontwerpe, word aan Babbage toegeskryf.[5]

Dele van sy onvoltooide meganismes word uitgestal in die Londen Wetenskapmuseum. In 1991 is ’n perfek funksionerende differensiemasjien gebou na aanleiding van Babbage se oorspronklike planne. Dit is gebou met die toleransies van die 19de eeu in gedagte en die sukses van die eindproduk het aangedui dat Babbage se masjien sou gewerk het. Nege jaar later het die Wetenskapmuseum die drukker voltooi wat Babbage vir die differensiemasjien ontwerp het.[6]

  1. (en) GRO Register van sterftes: Desember 1871 1a 383 MARYLEBONE: Charles Babbage, leeftyd 79
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. (en) Tanenbaum, Andrew (2007). Moderne Bedryfstelsels. Prentice Hall. p. 7. ISBN 0-13-600663-9.
  4. (en) Halacy, Daniel Stephen (1970). Charles Babbage, vader van die rekenaar. Crowell-Collier Press. ISBN 0-02-741370-5.
  5. (en) Swade, Doron (2000). Die Differensiemasjien: Charles Babbage en die strewe om die eerste rekenaar te bou. Penguin. pp. 84–87. ISBN 0-14-200144-9.
  6. "SCI/TECH | Babbage-drukker werk uiteindelik" (in Engels). BBC News. 13 April 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 27 April 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search